Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Glimlag Fees

October 4, 2025 @ 8:30 am - 10:30 pm
Draai daai frons onderstebo, en maak reg vir ‘n dag wat die Oos Rand op sy kop gaan draai!
Die, nou al legendariese, Glimlag Fees is terug op Saterdag, 4 Oktober 2025, en na die groot sukses van die afgelope jare, kan jy beslis iets besonders verwag! Hierdie fees het al die vorige jare met sy onvergeetlike vermaak (EN aktiwiteite vir die hele gesin) groot opskudding gemaak, en 2025 gaan nie anders wees nie.
Wie dink jy sal op die program wees? Die program sal deurlopend aangekondig word!
Die feesgronde gaan weer propvol verskeidenheid stalletjies wees, met ’n biertent, lekker kos en drinkgoed, en ‘n atmosfeer wat sommer die heeldag deur VOL glimlagte gaan wees. Dit is die perfekte kans vir die hele gesin om saam te kom en herinneringe te skep wat vir jare sal hou.
Moenie die Glimlag Fees 2025 misloop nie – kom en geniet ‘n dag vol pret, gelag, en fantastiese vermaak.
Kry jou kaartjies nou en KOM GLIMLAG SAAM – WANT JY KAN!

Details

  • Date: October 4, 2025
  • Time:
    8:30 am - 10:30 pm

Venue

  • Glimlag Fees
  • 1 Brodingan St, Northmead
    Benoni, Gauteng 1501 South Africa
    + Google Map